“Book Descriptions: “Ek wou kom totsiens sê.” Hy leun af tot hy my in die oë kyk. “Jy kon soveel beter gedoen het, weet jy dit? Maar nou sal jy doodgaan nes jy geleef het, ’n armgat meisie uit armgat Johannesburg. Pragtige lyf, gretig om te leer, maar dom, dom, dom.”
Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien jaar oud. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel maar op ’n dag verander alles, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met ’n ultimatum. As sy hulle nie help om die ANC se geldspoor van Duitsland na Suid-Afrika te volg nie, sit sy en haar chroniese siek ma sonder heenkome. En sy sonder haar studiebeurs. Dis hoe Adriana in Berlyn beland. Dis hier waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Ver weg van alles wat bekend en veilig is, leer Adriana waartoe sy in staat is. Bowenal leer sy dat niemand, ook nie sý nie, ooit heeltemal onskuldig is nie.” DRIVE