“Book Descriptions: Belia is 'n forensiese sielkundige en deel van die span wat 'n reeksmoordenaar moet ontmasker. Dié is 'n hoogs intelligente mens wat tergende leidrade op die misdaadtoneel laat, asof hy wil hê hulle moet hom vind. Die boodskap by elke slagoffer verwys na 'n spesifieke tarotkaart en Belia kry die spoor elke keer net te laat. Trouens, sy kan later voorspel wie die volgende slagoffer is, maar die moordenaar is haar elke keer een voor sodat sy die moord nie kan verhoed nie.” DRIVE