“Book Descriptions: Maria gaan kuier Desember by die Steyns, spesifiek tannie Susan en haar drie seuns, Daan, Riaan en Jan. Op skool was Maria en Jan dik vriende, hulle het alles wat stout was saam gedoen, terwyl sy en al die ander meisies smoorverlief was op die aantreklike Daan. Dinge is nou anders, want hulle het mekaar jare laas gesien en baie het intussen gebeur. Hulle het almal groot geword, veral Maria en die destydse boekneus Riaan. Dinge is nou definitief anders. Waarom voel Maria so aangetrokke tot die somber en bot Riaan? Is dit omdat hulle altwee hul eie diep hartseer het?” DRIVE