“Book Descriptions: Simonel wil dolgraag die skool waar sy 'n onderwyseres is se oorsese toer meemaak, veral omdat die aantreklikste ou op die personeel ook daar gaan wees. In plaas daarvan moet sy noodhulpdiens doen by die laaste plek wat sy haar ooit voorgestel het: 'n visvangekspedisie aan die Tuinroete. Sewe volle dae tussen middeljarige ooms met snorre en visstokke, dink sy teleurgesteld. Sy misgis haar egter deeglik met wie en wat die toerleier, Dewald Hugo, is. Van die manne se kant is daar egter ook 'n stewige dosis verwarring - Dewald tref oor die telefoon reëlings en is onder die indruk die noodhulpwerker is 'n man, ene Simon Nel. Hy en sy kameraman moet 'n TV-reeks verfilm en het nie tyd om vroumense langs die viswaters op te pas nie, veral nie wanneer daar monsterhaaie ter sprake is nie. Hy móét Simonel teen sy sin saamneem omdat die kontrak met sy borg dit vereis, maar hy maak 'n slinkse plan om haar uit te sluit. Hy ken egter nog nie vir Simonel nie. Sy is vasbeslote om haar tussen die manne te handhaaf en haar nie aan die humeurige hengelaar te steur nie. Om al sy vooropgestelde idees oor vroue verkeerd te bewys en hom behoorlik op sy neus te laat kyk. Net jammer haar hart wil nie so lekker saamspeel nie.” DRIVE