“Book Descriptions: Die vervlegting van die naïewe, die groteske end die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot ʼn drieluik, ʼn musikale eenheid as't ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink.
Al die "verlore persone" ontsnap uit ʼn verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van "teater" en ʼn reeks "towenaars" die buitegewone, dog gevaarlike wêreld van fantasie en vervulling.
Terselfdertyd verskil die drie stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk ʼn spesifieke atmosfeer het.” DRIVE